Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Die band Fokofpolisiekar en die woord "kontroversie" gaan hand aan hand. Sedert hul eerste optrede in 2003 het hulle aanhangers gegroei – en hul teenstanders ook. Een ding is seker: Hierdie band kan nie geignoreer word nie. Annie Klopper, 'n deurwinterde musiekjoernalis, is bekend daarvoor dat sy die groep se doen en late oor die jare fyn dopgehou het en hulle selfs die onderwerp van haar meestersgraad in Afrikaans gemaak het. Biografie van 'n bende het hieruit gespruit. In die biografie maak die leser kennis met Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny – die vyf lede agter Fokofpolisiekar. Die boek onthul fassinerende inligting wat tot nog toe nie gepubliseer is nie, soos dat die lede grotendeels hul vriendskappe met mekaar in 'n charismatiese kerk gesmee het. Die leser kry insae in hoe hul persoonlike ervarings neerslag gevind het in hul lirieke. Die staaltjies van die vyf vriende wat saam die Suid-Afrikaanse musiekbedryf op sy kop gekeer het, sorg vir baie ligte oomblikke en groot vermaak. Die meeste van die foto's in die boek is tot op datum nog ongepubliseer en vorm saam met die noukeurige navorsing van Klopper ’n moetlees-boek vir elke Fokofpolisiekar-aanhanger, belangstellende of nuuskierige!
Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie. Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis. Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?
Hik die Horribale Hamerkop die Derde is 'n fantastiese swaardvegter, 'n draaktemmer en die beste Wikingheld wat al ooit gelewe het. Kan Hik met 'n haasbekdraak die draak-inisiasieprogram slaag en boonop die Seedrakonius Kolossalikus Maksimus verslaan voordat die wreedaardige gedierte elke Wiking op die eiland Berk vermorsel? Dis tyd dat Hik leer hoe om 'n held te wees.
|
You may like...
|